Quantcast
Channel: Stoor & Organisering – Goeie Huishouding
Viewing all 30 articles
Browse latest View live

7 stappe om jou motorhuis terug te eis

$
0
0

 

 

’n Motorhuis of motorafdak kan ’n bêreplek raak vir al die items waarvoor jy nie plek in jou huis het nie, of vir die goed wat jy net nou en dan gebruik. Dis ook waar ons gewoonlik goed stoor as ons nie seker is of ons dit moet hou of laat waai nie. Hier is ’n vyfstap-gids oor hoe om die rommel vaarwel toe te roep:

 

1. Sorteer eers

Voordat jy begin uitgooi, belê in ’n paar plastiek-bêrebokse met deksels. Kry dié met wiele wat opmekaargestapel kan word. Dit sal jou in staat stel om rommel volgens ‘soort’ te sorteer – snorkeltoerusting, kampeergoed, ensovoorts. Dit sal dit ook makliker maak om dinge te vind as jy hulle volgende keer nodig kry.

 

2. Gebruik die mure

’n Gaatjiesbordstelsel wat stewig teen die muur vasgeheg is, sal jou gereedskap (harke, tuinslange, selfs kruiwaens) van die vloer af en uit die pad uit kry. Jy sal ook altyd kan sien wat jy het. Skep selfs meer ruimte deur ’n ry rakke bo dit aan te bring. Hou net ’n stewige trapstoeltjie of leer byderhand sodat jy die stoorgoed bo veilig kan bykom.

 

3. Maak die motorhuis leeg

Begin deur alles uit die motorhuis en na jou grasperk toe te skuif.

 

4. Bly of gly

Besluit wat bly en wat nie. As jy die laaste ses jaar nie jou kajak gebruik het nie, gaan jy dit waarskynlik ook nie gou weer nodig kry nie. Gee toerusting wat jy nie meer wil hê nie ’n nuwe lewe (en maak ’n bietjie sakgeld op die koop toe) deur dit op die internet te verkoop. Besoek www.gumtree.co.za of www.bidorbuy.co.za.

 

5. Soek pasmaats

Groepeer artikels saam – byvoorbeeld tuingereedskap, kampeertoerusting, selfdoen-benodigdhede, sportuitrusting, ensovoorts.

 

6. Meet-en-pas

Besluit waar jy rakke, monteerborde, ’n werkbank en stoorbokse kan installeer.

 

7. Dié wenk kan lewens red

’n Brandblusser en noodhulpkissie sal jou help om enige noodsituasies te hanteer wat in die motorhuis of tuin kan ontstaan. Met dit byderhand sal jy nie eers die huis moet invaar wanneer dit letterlik ’n kwessie van tyd is nie.

 

The post 7 stappe om jou motorhuis terug te eis appeared first on Goeie Huishouding.


3 stappe om jou waskamer reg te ruk

$
0
0

 

 

1. Kleiner is beter

Gooi wasmiddels uit groot kanne en bokse oor in kleiner, deursigtige houers sodat jy kan sien wanneer dit opraak. Bêre die groter houers elders.

 

2. Nié in die knyp

Hou jou los goed bymekaar. Monteer ’n kapstok teen die muur en knyp briefies en strokies wat uit broeksakke kom, afgeknipte klere-etikette met wasinstruksies én daardie sokkie sonder maat daaraan vas.

 

3. Vele hande

Merk mandjies as “lig”, “wit” en “donker” sodat jou gesinslede hul wasgoed vooraf kan sorteer.

 

 

Lees ook:

Drie huisverbeteringe in 15 minute

Sit 6 huishoudelike jakkalsies binne 5 minute op hul plek

 

 

The post 3 stappe om jou waskamer reg te ruk appeared first on Goeie Huishouding.

Tem die papiertier

$
0
0

 

 

1.    Pos die gedrukte media

Sprei jou digitale vlerke. Spaar die posdiens al die moeite en laat rekenings en ander pos per e-pos na jou gestuur word. En moenie drukstukke daarvan maak nie; dis duur en papiermors. Laai dit af en bêre dit in maandelikse onderafdelings in ’n “fakture-en-state”- lêer. Wanneer dit tyd is om belastingopgawes in te dien kan jy dit bloot op ’n geheuestafie plaas en vir jou boekhouer gee.

 

2.    Hou net knipsels

Tensy jy elke dag vensters skoonmaak (koerantpapier bly steeds ’n gunsteling) is daar regtig geen rede om koerante op te gaar nie – bêre knipsels en hersirkuleer die res.

 

3.    Sit dit in ’n sak

Hou ’n papiersak in jou kombuis of kantoor vir weggooipapier, gemorspos en koeverte en gesnipperde papier. Wanneer jy goed hersirkuleer, kan jy sommer die hele sak net so ingooi.

 

4.    Sorteer in styl

Is jy geneig om hopies te vergaar waarmee jy “later” sal afreken? Indien wel, moet jy ’n stelsel in werking stel. Plaas in- en uitmandjies op ’n opsigtelike plek of skaf ’n konsertinalêer vir betaalde en onbetaalde rekenings aan – jy kán papierwerk baasraak.

 

5.    Versnipper dit

Werk jy van die huis af? Dan is ’n versnipperaar jou beste bondgenoot. Sorg dat die snippermasjien naby jou lessenaar staan sodat jy doeltreffend en vinnig met persoonlike dokumente kan wegdoen.

 

6.    Oefen ’n keuse uit

Verminder al die gemorspos (en verkoopspraatjies) en sluit by die National Opt Out Register (www. nationaloptout.co.za) aan.

 

The post Tem die papiertier appeared first on Goeie Huishouding.

10 maniere om ’n vertrek groter te laat voel

$
0
0
  1. Verf een muur in ’n donker kleur – dit sal daardie area laat lyk of dit terugwyk en só die vertrek groter laat lyk.
  2. Spieëls weerkaats lig en sal dit laat lyk of die vertrek meer diepte het.
  3. Beperk groot, helder patrone tot strooikussings of klein meubels eerder as dominante meubelstukke soos ’n rusbank.
  4. Kies glas- of akrieltafels. Omdat jy deur dit kan sien, neem dit nie enige visuele ruimte op nie.
  5. Verlig dit! Dowwe ruimtes verdwyn. Gebruik dus lampe of armkandelare (sodat jy nie vloerspasie verloor nie) in minstens drie hoeke.
  6. Nog ’n manier om ’n vertrek oper te laat lyk: Koop gordyne en verf boekrakke in soortgelyke skakerings as die muur. Dit sal ’n gestroomlynde effek skep.
  7. Speel met skaal. ’n Klein vertrek vol klein meubeltjies sal selfs kleiner lyk as wat dit is.
  8. Vloer-tot-plafon-gordyne trek die oë boontoe en laat die plafon hoër lyk.
  9. Die lae profiel van ruglose sitplekke – dink poewe en tuinstoele – sal die vertrek nie volgeprop laat lyk nie.
  10. Belê in ’n mat wat ’n groot area bedek. Jou oog beweeg van nature na die buitenste rande, wat jou vloerspasie groter laat lyk.

Kenners: Elaine Griffin, Libby Langdon en Janet Lee

The post 10 maniere om ’n vertrek groter te laat voel appeared first on Goeie Huishouding.

Doen dit self: Verf flesse in pastelkleure

$
0
0

Wat jy nodig het:

  • Herwonne konfytflesse
  • Emulsieverf in verskillende kleure
  • Kleiner glasbottels wat binne-in pas

Stap 1

Selfdoenwinkels verkoop dikwels proefgrootte houers verf. Dis ’n bekostigbare manier om ’n wye verskeidenheid kleure vir dié projek te kry, want jy het min verf per fles nodig. Giet ’n bietjie verf in elke skoon glasfles.

Stap 2

Bedek die binnekant van die fles deur dit te kantel sodat die verf oraloor kan vloei. Voeg nog verf by indien nodig.

Stap 3

Wanneer die binnekant heeltemal met verf bedek is, giet enige oortollige verf versigtig uit en vee die rand en buitekant van die fles af. Laat die verf droog word. Dit kan ’n dag of twee duur.

Stap 4

Jy kan nie die fles self vol water maak nie, want die verf sal afdop. Sit dus ’n kleiner botteltjie binne-in om die water vir jou blomme in te hou.

Bron en foto-erkenning:

Verkry uit Decorate with Flowers: Creative ideas for flowers and containers around the home deur Holly Becker en Leslie Shewring. (Uitgegee deur Jacqui Small.) Dié pragtige boek is die produk van samewerking tussen die trefferskrywer en stilis Holly Becker van die ontwerpblog decor8blog.com en Leslie Shewring, produkontwerper, fotograaf en stilis.

The post Doen dit self: Verf flesse in pastelkleure appeared first on Goeie Huishouding.

Beskerm jouself teen rug- en nekpyn

15 maklike wenke vir ’n netjiese huis

$
0
0

1. OM BETER TE KAN SIEN

Gebruik deursigtige houers in jou yskas om produkte in te orden en te bêre.

2. MAAK ’N PLAN

Skryf jou gesin se gunstelinggeregte op plakpapiertjies en steek dit op die almanak vas sodat jy jou etes en inkopies vir die week daarvolgens kan beplan.

3. SKRYF DIT NEER

Hou ’n skryfblok of notaboekie met ’n inkopielys iewers in die kombuis en vul gereeld die lys aan met artikels en produkte wat vervang moet word.

4. DOKTER DIT REG

Sorteer jul medisynekas volgens kinders, volwassenes, salwe, pille, strope, ensovoorts. Pak ook ’n klein noodhulpkissie wat julle op naweek-wegbreke kan saamvat.

5. HOE GERIEFLIK!

Pak skoonmaakmiddels vir spesifieke vertrekke (soos die badkamer) of take in draagbare houers.

6. MAAK JOU MERK

Merk elke gesinslid se laaierkabels (soos vir selfone, kameras en tablette) met ’n ander kleur washi-kleeflint. Belê in verskillende kleure muurproppe vir elkeen sodat jy nie per ongeluk iemand ander s’n see toe inpak nie!

7. HUISWERKTYD

As die kinders graag hul huiswerk by die eetkamertafel doen, pak skryfbehoeftes soos penne, sakrekenaars, liniale, gom en skêre in ’n mooi boks wat hulle maklik kan uithaal en weer wegbêre.

8. ONTHOUBOKSE

Gee vir elke gesinslid ’n mooi boks waarin hulle memento’s soos verjaardagkaartjies kan hou.

9. HANDIGE HAKE

Monteer hake aan die agterkant van die voordeur of teen die muur om te keer dat sakke en jasse op die voorportaal se vloer beland.

10. SLIM IDEE

Gee vir elke gesinslid ’n leë boks om in hul klerekas te hou vir artikels wat herstelwerk kort of wat nie meer pas nie en weggegee kan word.

11. NUWE SEISOEN

Lyk jou klerekaste of hulle uit hul nate wil bars? Pak seisoenale kledingstukke weg in houers of bokse, en merk dit duidelik. Bêre dit bo-op jou kas en sorteer die orige klere volgens kleur en/of soort.

12. DUBBELE DIENS

Pak jou badkamerkassie reg en gooi produkte weg wat al verval het of nie meer gebruik word nie. Kyk ook uit na produkte soos CC-rome en arganolie wat vir meer as een doel nuttig is.

13. BEGIN BY DIE BEGIN

’n Mens kan maklik oorboord gaan en allerhande fraai houers gaan koop nog voordat jy begin regpak het. Begin deur éérs jou goed uit te sorteer en kyk dan watter en hoeveel houers jy nodig het.

14. OULIKE OPLOSSING

Gebruik stortrakkies om skoonmaakmiddels en sponsies in te stoor in daardie ongemaklike ruimte onder jou kombuiswasbak.

15. PAPIER-PATROLLIE

Dink aan al die plekke in jou huis waar papier kan opgaar, soos daardie stapel fakture in die kantoor. Vra mense om eerder rekeninge vir jou te e-pos. Te veel ou koerantpapiere in die besemkas? Kanselleer jou intekening en lees die nuus aanlyn.

The post 15 maklike wenke vir ’n netjiese huis appeared first on Goeie Huishouding.

6 planne vir ’n geordende kombuis

$
0
0
  1.  Pak dit weg

Stoor enige kombuisartikels wat jy byna nooit gebruik nie in bokse in jou motorhuis. As jy dit meer as ’n jaar laas gebruik het, skenk dit vir liefdadigheid of gooi dit weg.

  1. Skep nog plek

Sit kleiner rakkies binne-in jou kaste en heg sakorganiseerders aan die binnekant van die kasdeure – jy sal dubbel soveel pakplek hê.

  1. Dink vertikaal

Hakke, kapstokke, rakke en gaatjiesborde hou artikels wat jy gereeld gebruik naby, maar van jou werkoppervlak af.

  1. Soort by soort

Moenie jou spens as ’n pakplek vir gereedskap en skoonmaakmiddels

gebruik nie. Dié artikels het hul eie bêreplek (en sommige daarvan is nie veilig om naby kos te stoor nie!). Haal alles uit wat nié kosverwant is nie en hóú dit uit.

  1. Geen genade

Dis tydmors om elke keer as jy wil kosmaak deur bestanddele en toestelle te grawe wat jy net een keer gebruik het (soos daai diepbraaier uit die vorige eeu). Gooi enige iets wat jy meer as ’n jaar of twee laas gebruik het weg of skenk dit.

  1. Klein is beter

Grootmaat-aankope lyk dalk na ’n winskopie, maar as jy ’n jaar neem om ’n emmer ystee-poeier op te gebruik, is die vermorste rakspasie dalk nie die besparing werd nie. Verdeel groot hoeveelhede in kleiner houers en bêre die res op die boonste rak.

 

The post 6 planne vir ’n geordende kombuis appeared first on Goeie Huishouding.


Gooi daai motbolletjies weg!

$
0
0

Kenners sê motbolletjies kan ’n gesondheidsrisiko inhou.

Dit bevat naftaleen of paradichloorbenseen – albei is insekdoders en stel gasse vry wat jou oë en vel kan irriteer. Dit kan selfs die senustelsel en lewer aantas.

 

Gelukkig is daar veiliger maniere om jou klere te beskerm:

  1. Maak skoon voordat jy bêre.

Kos en sweet is magnete vir motte. Was wasbare kledingstukke met wasgoedseep of laat dit droogskoonmaak. Om larwes dood te maak, gebruik warm water of tuimeldroog op ’n lae verstelling. Droogskoonmaak maak ook die larwes dood.

  1. Verseël klere in lugdigte houers.

Dit hou motte én vog uit wat tot muf kan lei. Probeer ook vakuumverseëlde bêresakke.

  1. Moenie op seder staatmaak nie.

Die hout se olie kan klein larwes doodmaak, maar nie groot larwes of volwasse motte nie. En dit verloor doeltreffendheid ná ’n paar jaar.

  1. As jy motte kry …

Pak alles uit en stofsuig die binnekant van jou kas behoorlik (en raak onmiddellik ontslae van die stofsuiersak of vuiligheid – albei kan moteiers bevat). Skrop die rakke en muur en maak dan die klere behoorlik skoon en bêre dit. Maak gereeld behoorlik skoon om toekomstige besmetting te keer.

 

Dié artikel het oorspronklik op goodhousekeeping.com verskyn.

 

The post Gooi daai motbolletjies weg! appeared first on Goeie Huishouding.

Maak jou woonstel of huis in ’n uur of minder skoon

$
0
0

Badkamer: 1 minuut

Begin met die badkamer. Verwyder alles op die wasbak, bad se rand, toilettenk en stortrak. Spuit die bad en stort met ’n veeldoelige reiniger. Verwyder enige vuil klere of handdoeke.

Slaapkamer: 5 minute

Selfs al gaan niemand in die kamer in nie, maak die bed op. Die kamer sal baie netjieser lyk as wat dit eintlik is. Tel klere van die vloer af op en pak die bedkassie reg. Organiseer jou kas op ’n ander dag – daar’s nie nou tyd hiervoor nie!

Woonkamer: 5 minute

Begin deur wollerigheid van die banke, oorgooidekens en kussings te verwyder en rangskik dan die dekens en kussings behoorlik. Maak die koffietafel en kaste netjies deur die afstandbeheerders, boeke en tydskrifte netjies reg te skuif en vat artikels wat los rondlê na die slaapkamer of badkamer toe. (Die naelvyl en naellak wat permanent op die armleuning lê? Jou gaste hoef dit nie te sien nie.) Gryp ’n vullissak en gooi ou katalogusse of brosjures daarin. Neem enige gebruikte glase of bekers kombuis toe

Kombuis: 10 minute

As jy regtig min tyd het en net een ding kan doen, was die skottelgoed. Laat die skottelgoed in die wasbak week terwyl jy die toonbank netjies maak en kosgoed wegpak. Daardie boks ontbytpap en oorblyfsels van jou ontbyt? Raak ontslae daarvan! Spuit vinnig ’n bietjie veeldoelige reiniger op die toonbank, stoof en ander sigbare oppervlakke en vee dit af.

 As jy nog tyd het, skakel die stofsuier aan en stofsuig die belangrikste vertrekke vinnig. Vee die kombuisvloer en maak die drom leeg as jy kan. Gaan terug na die badkamer en vee die oppervlakke en spieël af. Plaas die artikels terug op die bad se rand, wasbak en stortrak.

Laastens, steek ’n gegeurde kers aan die brand of spuit jou huis met ’n lekkerruiksproei. ’n Pot vars blomme kan ook ’n vertrek vinnig laat beter lyk!

The post Maak jou woonstel of huis in ’n uur of minder skoon appeared first on Goeie Huishouding.

Skep orde saam met Suzelle

$
0
0

Ons geliefkoosde “doen-dit-self”-internetvriendin, Suzelle DIY, het ’n oorvol kas in haar huis ontruim en nou kan jý die trotse eienaar van sommige van hierdie vreemde en fantastiese Suzelle-goed uit haar kas wees!

In haar nuwe episode, “How to declutter your life”, deel Suzelle ’n paar wenke oor hoe om jou chaos in kontant te omskep. Danksy haar doeltreffende stelsel van “hou”, “gooi weg” of “verkoop”, Gumtree se gerieflike platform waarop jy maklik gratis advertensies kan plaas, asook ’n bietjie hulp van haar beste vriendin, Marianne, omskep Suzelle sommer gou-gou ’n deurmekaar kas in ’n netjiese, kreatiewe ruimte.

Suzelle-aanhangers kan van 30 Julie tot 12 Augustus ’n reeks oorspronklike Suzelle-artikels op Gumtree besigtig. Indien jy in van die artikels belangstel, moet jy motiveer hoekom jy dit die meeste verdien. Suzelle sal dan self die gelukkige wenners van haar gewilde artikels kies. Gaan loer gerus by www.gumtreediy.co.za.

Die Gumtree DIY-verkopeblad spog met verskeie van die selfdoen-ekspert se kreatiewe, nuttige en spoggerige besittings, soos handgemaakte terrariums, ’n braairooster (om jou eie braaipastei mee te maak!) en selfs koffiebekers met foto’s van Suzelle en haar beste vriendin, Marianne, daarop. En dis alles teen báie billike pryse beskikbaar!

Die opbrengs van die verkope van dié Suzelle-artikels sal aan Rock Girl geskenk word – dié liefdadigheidsorganisasie lê Suzelle baie na aan die hart. “Ek’s dol daaroor om kreatief te wees en glo dat enige iets in iets nuttigs omskep kan word! Dié organisasie moedig kreatiwiteit aan ek’s seker daarvan hulle sal ook pragtige selfdoengoedjies kan maak,” verduidelik Suzelle.

Moenie die kans laat glip om van Suzelle se persoonlike en versamelaarsartikels op Gumtree te koop nie. Kyk die episode oor hoe om orde te skep.

The post Skep orde saam met Suzelle appeared first on Goeie Huishouding.

5 maniere om jou tas soos ’n kenner te pak

$
0
0
  1. Wees georganiseerd

Maak ’n lys van die noodsaaklikhede. Beperk kreukels tot die minimum deur drie tot vier kledingstukke saam op te rol, nie te vou nie, met breistowwe aan die binnekant. Vir selfs beter resultate, draai die bondel in ’n droogskoonmaaksak toe. En bind ’n lint aan jou bagasie vas (nie soliede rooi nie, dis wat almal gebruik) sodat dit makliker is om op die lughawe raak te sien.

  1. Span sokkies in

Dit is een manier om elke hoekie en gaatjie te benut. Sit bonkige halssnoere en armbande in sokkies en druk dit in jou skoene. Sit skoene of sandale met die sole na die buitekant, weg van jou klere. Vlieg jy? Dra jou skoene wat die meeste plek opvat op die vliegtuig. Dit beteken jy sal plek hê vir daardie ekstra paar mooi plat skoene of bandjiesandale.

  1. Veelsydige pilhouers

Jy kan jou pille in een van daardie organiseerders bêre, of gebruik dit om fyn ringe, oorbelle, horlosies en halssnoere in te sit. Die klein kompartemente is ideaal om te keer dat juweliersware beskadig word of knoop.

  1. Skoonheidsake

Pak ’n toiletsakkie in jou bagasie wat jy maklik in die hande kan kry met onder meer reisvriendelike grimering, soos ’n soliede poeier, asook ’n soliede geur (probeer Lush of Crabtree & Evelyn). Kry minibotteltjies vir vloeistowwe (maak seker dis net driekwart vol om te keer dat dit lek wanneer die lugdruk tydens vlugte wissel).

  1. Keer kreukels

Plastiek-droogskoonmaaksakke is veeldoelig. Drapeer dit oor elke tweede kleidingstuk in jou hangsak, want dit keer dat materiale harde kreukels en plooie vorm. Later op jou vakansie kan jy die punt van een sak vasknoop om ’n wasgoedsak vir vuil klere te vorm.

 

Hierdie artikel het oorspronklik op Goodhousekeeping.com verskyn.

 

The post 5 maniere om jou tas soos ’n kenner te pak appeared first on Goeie Huishouding.

Hoe om te keer dat jou kaas muf

$
0
0

V: “Die kaas wat ek koop, raak so gou muwwerig. Hoe kan ek dit keer?”

 

A: Tinfoelie is so ’n nuttige kombuisstaatmaker en in hierdie geval is dit van onskatbare waarde – haal net die kaas uit sy plastiekomhulsel en draai dit in foelie toe. Dit sal langer vars bly en weerstand teen muf bied.

The post Hoe om te keer dat jou kaas muf appeared first on Goeie Huishouding.

Hoe lank sal kos in die vrieskas hou?

Maak jou gemors jou siek?

$
0
0
clutter cycle

Is alles by die huis en die werk ’n deurmekaarspul? Wens jy jy kon alles regruk, maar kry net nie tyd daarvoor nie? Jy’s nie alleen nie. Baie mense sukkel om van “goed” ontslae te raak.

KAN DIE WARBOEL JOU REGTIG SIEK MAAK?

’n Deurmekaarspul begin homself later in stand hou – en dit beïnvloed jou bui en motivering. Navorsing sê vroue wat gevra is om take in deurmekaar omgewings te verrig, het heelwat hoër kortisolvlakke gehad as toe hulle gevra is om dieselfde take in ’n netjiese omgewing te doen. Kortisol is ’n streshormoon wat jou risiko op kardiovaskulêre siektes, slaaploosheid, gewigstoename en angstigheid verhoog.

DOEN IETS

Robyn Farrell van 1st for Women-versekering stel die volgende stappe voor om jou lewe op te ruim:

  1. Neem babatreetjies: Stel klein doelwitte – soos om die kombuisgereedskaplaai skoon te maak – eerder as een onbereikbare ambisie – soos om die hele huis op te ruim.
  2. Stel ’n volhoubare roetine in: Ruim op as deel van jou gewone roetine. Verklaar een uur op ’n Saterdagoggend of tien minute elke weeksaand as “opruimtyd”.
  3. Skep bruikbare ruimtes: Geen plek vir alles nie? Sien die soort werkareas en stoorplek wat jy nodig het in jou geestesoog. Belê dan in dinge wat hierdie plekke sal moontlik maak.
  4. Maak ’n lys van projekte: “Eendag as ek tyd kry, sal ek ’n kwilt van hierdie afvalstukkies materiaal maak.” Gaan jy regtig? Maak ’n lys van die projekte waarmee jy wil begin en stel ’n spertyd vas vir elkeen.
  5. Deurdink sentimentaliteit: Dit is mooi om geskenke te waardeer en goed met goeie herinnerings te hou, maar jy moet iewers die streep trek. Kyk na hoeveel goed jy hou suiwer om sentimentele redes en as die hoeveelheid oorweldigend is, moet jy ’n manier kry om dit te laat gaan.
  6. Hanteer elke dag se warboel: Wanneer jy eers jou werk- en leefareas opgeruim het, sal jy dit makliker vind om die take te pak wat jy nog heeltyd uitstel – soos om ’n tandartsafspraak te maak of jou versekering te hersien.

The post Maak jou gemors jou siek? appeared first on Goeie Huishouding.


Hoe om plastieksakke te bêre

Noodsaaklike somersorg vir jou bed

$
0
0
Protect-a-bed Webv

Het jy geweet dat die gemiddelde mens élke nag tot ’n halwe liter vloeistof verloor terwyl hulle slaap?

Ons vel, die grootste orgaan in ons liggaam, is ’n wetenskaplike wonder – dis ’n natuurlike gifstofverwyderaar en ’n verkoelingstelsel wat veral snags baie hard werk. Ons voel dit dalk nie, maar ons liggaam stel ’n beduidende hoeveelheid vog vry terwyl ons slaap, en hoewel lakens ’n beskermingslaag tussen jou en jou matras vorm, keer dit nie dat jou matras gevlek word, beskadig word en eindelik ’n higiënerisiko raak nie.

Protect-A-Bed se matras- en kussingbeskermers is spesifiek ontwerp om jou kussings en matras te beskerm teen stofmyte, sweet en enige ander vloeistowwe wat daarop kan mors. Dis net so maklik soos kussingslope en lakens om te gebruik en te was, en dit werk aansienlik harder om beskerming teen vloeistof- en sweetvlekke te bied. Dis veral in die somermaande ’n moethê.

Slaap is deesdae een van ons kosbaarste kommoditeite en ’n goeie nagrus hang baie van ’n gehalte-matras en -kussings af. Kenners is dit eens dat jy soveel moontlik aan dié noodsaaklikhede moet bestee, veral aangesien dit artikels is wat jy daagliks gebruik. Kyk mooi na dié beleggingskopies deur gehalteprodukte soos Protect-A-Bed se matras- en kussingbeskermers te gebruik vir beter higiëne en meer gemoedsrus sodat jy heelsomer lank lekker kan slaap.

 

The post Noodsaaklike somersorg vir jou bed appeared first on Goeie Huishouding.

8 redes om vanjaar van ’n warboel ontslae te raak

$
0
0
reasons to declutter_afr&eng_madge

Hope onoopgemaakte pos, vuil (of skoon) klere en langvergete speelgoed is van die algemeenste goed wat ’n warboel in enige huis veroorsaak. En hoewel dit onskuldig kan lyk (almal het ekstra goed!), kan te veel gemors sleg vir jou gesondheid wees. Lees hier hoekom jy die ditjies en datjies moet weggooi wat jou huis ongeorganiseerd maak – vir goed:

1. Dit laat jou gestres voel

Nee, jy verbeel jou dit nie. Volgens navorsers van die Center on Everyday Lives of Families (CELF) aan die Universiteit van Los Angeles, Kalifornië (UCLA) is daar ’n verband tussen hoë kortisol (’n streshormoon) in vroue wat huise met ’n “hoë digtheid van huishoudelike voorwerpe” het. Vertaling: Hoe meer goed jy het, hoe meer stres ervaar jy, want jy assosieer ’n deurmekaar huis met mislukking. (En kan ons hier inspring en almal herinner om nie so hard op hulself te wees oor ’n huis wat vantevore deurmekaar was nie? Dis nooit te laat om jou huis te omskep in ’n plek waaroor jy werklik dol is nie.)

2. Dit maak dat jy jou ooreet – en miskien gewig aansit

Ja, ja, jou hope papier voeg nie letterlik die kilo’s by nie, maar dit dra by tot stres in jou lewe wat kan veroorsaak dat jy jou ooreet, sê Peter Walsh in sy boek Lose the Clutter, Lose the Weight (Rodale Books). Dis wel waar dat die meeste van sy navorsing anekdoties is, maar ’n paneel toetsers het bevind dat dit doeltreffend is wanneer jy daardie warboel saam met gewigsverliesdoelwitte aanpak.

3. Dis hoekom jy altyd so moeg voel

Selfs al gaan slaap jy vroeër, sal dit nie vergoed vir daardie hoop boeke in die hoek van jou slaapkamer nie. In ’n studie van die Princeton-neurowetenskapinstituut aan die Princeton-universiteit in die VSA is bevind dat mense met ’n deurmekaar huis al hoe meer moegheid ervaar het as ’n gevolg van die geestesenergie wat hulle bestee aan stres wat deur ’n deurmekaar omgewing veroorsaak is. Boonop maak dit dit moeiliker om op inligting te fokus en dit te verwerk – jy moet dus harder probeer en meer energie bestee om alledaagse take af te handel.

4. Dit het ’n negatiewe uitwerking op jou besluitnemingsvermoë

Dieselfde studie aan die Princeton-universiteit verduidelik dat die bewustheid en irritasie van bestaande wanorde jou geestestoestand negatief sal beïnvloed en jou meer geneig sal maak om gefrustreerd te raak. Jy sal dus besluite anders neem as wat jy gewoonlik sou wanneer jou kop skoon is.

5. Dit kos jou waarskynlik geld

Wanneer jy ’n hemelhoë hoop oop- en onoopgemaakte pos het, is dit waarskynliker dat jy sal vergeet om ’n rekening te betaal – en boetes vir laat betalings is geen grap nie. Of jy kan nie jou gunsteling-naellak kry nie en koop nog een wat jy nie nodig het nie (en dit vererger net die warboel).

6. Dit kweek ’n omgewing vir kieme en plae

Dink daaroor: As jy nie die oppervlak van jou kombuistoonbank kan sien nie, hoe kan jy dit skoonvee? En as jou wanordelike gewoontes insluit dat jy vuil skottelgoed oornag los, nooi jy basies goed soos kakkerlakke jou huis binne.

7. Dis die rede dat jy altyd laat is

Selfs al weet jy jy behoort vyf minute by jou roetine te voeg vir die onvermydelike soektog na jou motorsleutels of vermiste skoen, doen jy dit waarskynlik nie. Gevolglik is jou weergawe van “betyds” altyd verskeie minute later as die res van die wêreld s’n. (Iets waaroor ons seker is jou vriende dol is.)

8. Dis fisiek gevaarlik (kyk waar jy loop!)

Hoeveel keer het jy al oor jou tekkies geval? Of op ’n sokkie gegly wat op jou houtvloer agtergebly het? Hope goed wat lukraak in jou huis rondgestrooi lê, sal onvermydelik tot ongelukke lei. Pasop dat jy nie jou enkel verstuit weens gemors wat jy nie nodig het nie.

The post 8 redes om vanjaar van ’n warboel ontslae te raak appeared first on Goeie Huishouding.

6 slim, nuwe gebruike vir kleefplastiek

$
0
0
clingwrap uses

1. Laat piesangs langer hou

Sny ’n klein strook kleefplastiek en draai dit versigtig rondom die punt/kroon van ’n tros piesangs (of rondom die stingel as jy jou piesangs los van mekaar gebreek het) om die rypwordingsproses te vertraag.

 2. Keer dat verfkwaste uitdroog

Verf jy ’n vertrek? Draai nat verfkwaste en -rollers in kleefplastiek toe om te keer dat dit oornag uitdroog.

 3. Keer verfvlekke

Nog ’n slim truuk wanneer jy jou huis verf: Bedek krane, spieëls en handvatsels met kleefplastiek om te keer dat verf daarop drup.

 4. Keer dat vloeistof lek wanneer jy reis

Keer dat sjampoe, stortjel of ander vloeibare toiletbenodighede in jou tas uitlek: Plaas ’n stukkie kleefplastiek oor die mond van die bottel voordat jy die prop opskroef.

 5. Posjeer eiers perfek

Plaas ’n vel kleefplastiek in ’n ramekin, spuit met kleefwerende kossproei, kraak die eier in die holte en draai die punt van die kleefplastiek om die eier binne-in te verseël. Plaas die toegedraaide eier in kookwater vir sowat 5 minute en voilà!

 6. Halveer jou yskasskoonmaaktyd

Bedek yskasrakke met kleefplastiek en verwyder eenvoudig die plastiek wanneer dit vuil is – so maklik en vinnig!

The post 6 slim, nuwe gebruike vir kleefplastiek appeared first on Goeie Huishouding.

Wasgoedwenke om jou strykwerk te verminder

$
0
0
laundry hacks_afr 2016.01.28 Madge

Stryk is verreweg een van die ergste huishoudelike take. Voordat jy weet, het die hoop strykwerk opgehoop en moet jy die hele naweek lank jou hele kas se klere stryk

Volg gerus hierdie wasgoedwenke om te verseker dat jy minder tyd met die strykyster deurbring terwyl jou hoop wasgoed klein bly.

 

  1. Skud jou klere uit

Dis maklik om al jou nat klere in die tuimeldroër te gooi, maar soms as dit gedraai of inmekaargebondel is, sal dit vol kreukels uit die droër kom. As jy dit vinnig uitskud voordat jy dit in die droër sit, behoort dit daardie probleem op te los.

 

  1. Moenie droë klere laat lê nie

Kom ons wees nou eerlik: Ons is almal skuldig daaraan dat ons die wasmasjien of droër hoor biep en nie onmiddellik daaraan aandag gee nie. As jy die klere laat lê, is voue en kreukels meer geneig om te vorm.

 

  1. Hang dit op

Sekere materiale en kledingstukke kan lugdroog gemaak word. Om hemde en rokke op te hang terwyl dit nog nat is, kan help om kreukels uit te stryk – en dan hoef jy dit dalk glad nie te stryk nie!

 

  1. Moenie die wasmasjien oorvol maak nie

Om die wasmasjien of tuimeldroër oorvol te maak kan meer kreukels veroorsaak.

 

  1. Kies sintetiese vesels

Volgens Trisha Schofield, hoof van verbruikerstoetsing by die Good Housekeeping Institute, het sintetiese vesels soos poliëstermengsels minder stryk en sorg nodig. As jy ’n 100%-katoen-soort-mens is, is dit dalk die rede hoekom jou klere so kreukel.

 

  1. Moenie swaar en delikate materiale saam was nie

Swaarder en delikate materiale het verskillende wassiklusse nodig – as jy kreukels wil verminder, sorteer eers die materiale apart.

 

  1. Moenie jou kas te vol maak nie

Dis nie net wat jy doen nadat jy die klere gewas het wat iets met die kreukels te doen het nie. As jou kas propvol gestop is met te min ruimte vir jou klere sal dit nie mooi en plat hang nie.

 

Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.co.uk verskyn.

The post Wasgoedwenke om jou strykwerk te verminder appeared first on Goeie Huishouding.

Viewing all 30 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>