Quantcast
Channel: Stoor & Organisering – Goeie Huishouding
Viewing all 30 articles
Browse latest View live

Help! My bed word aangeval!

$
0
0
Screen Shot 2016-02-19 at 15.11.43

Dié algemene slaapkamerfout kan jou duisende rande kos! Kyk hierdie video en red een van die grootste beleggings in jou slaapkamer – en jy sal uitvind hoe om ’n fantastiese prys te wen wat jou bed sal transformeer

The post Help! My bed word aangeval! appeared first on Goeie Huishouding.


10 maniere om jou kombuis te orden

$
0
0
declutter kitchen_afr&eng_yusrah

1. Sorteer slim

Om jou kombuis doeltreffend op te ruim moet jy alles uit die kaste en laaie haal en elke oppervlak afvee. Wees eerlik of jy werklik elke artikel nodig het.

2. Identifiseer noodsaaklike gereedskap

’n Maklike manier om te besluit wat waar moet kom, is om jouself te vra hoe gereeld jy iets gebruik. Dit maak sin om eetgerei op ’n maklik bereikbare plek te hou en om die Kersfeeskoekiedrukkers en fonduestel in ’n hoekkas te bêre.

Lees ook: 5 maklike maniere om energie in die kombuis te spaar

3. Skep spesifieke areas

Skep stasies, soos ’n plek vir warm drankies (koffie/tee, ketel, koekies en bekers). Jy het ook ’n kosmaak-, tafeldek- en voorbereidingstasie nodig.

4. Hang dit op!

Die ruimte onder die wasbak is gewoonlik ’n rampgebied. ’n Goedkoop en maklike oplossing is om ’n reling in die kas op te sit. Hang al jou bottels met spuithandvatsels daaraan. Dit skep ruimte vir plastiekmandjies wat gekategoriseer en maklik uitgehaal kan word.

5. Benut oop spasie

Kaste wat aan die mure gemonteer is, het gewoonlik onbenutte ruimte bo-op. Span dit in deur maklik bereikbare stoorkissies met handvatsels te koop. Dit kan gebruik word om speserye, koekversiertoerusting of selfs medisyne in te bêre – lekker hoog en buite die bereik van klein handjies.

Lees ook: 9 nuwe reëls om ’n kinderkamer te orden

6. Sorteer die yskas uit

Moeg daarvoor om weke oue groente en kaas te ontdek wat in jou yskas wegkruip? Kry deursigtige houers en merk dit – dit sal maklik wees om raak te sien en van ’n rak af te haal wanneer jy iets spesifieks soek.

7. Beheer jou afval

Kleiner herwinningshouers dwing jou om dit gereeld leeg te maak. As dit te groot is, sal jy met ’n berg plastiekhouers en koerante moet sukkel.

8. Weg met die warboel!

Hou die kombuistoonbank netjies en maak plek by die voordeur waar gesinslede hul sakke en jasse kan ophang.

Lees ook: 10 regtig slim kombuiswenke

9. Kyk op

Toestelle soos mikrogolfoonde neem waardevolle toonbankruimte in beslag – sit joune op ’n sweefrak.

10. Gebruik ’n swartbord

Haal skoolkennisgewings van die yskas af en verf ’n muur met swartbordverf. Teken ’n kalender daarop en dui die belangrikste datums daarop aan.

The post 10 maniere om jou kombuis te orden appeared first on Goeie Huishouding.

10 slim maniere om alleensokkies te gebruik

$
0
0
orphaned socks_afr&eng_madge

Moenie paniekerig raak wanneer jy op wasgoeddag met ’n paar alleensokkies opeindig nie. Jy kan dit dalk beter gebruik as ooit vantevore:
1. Skei jou klere van jou skoene in jou tas.

Glip skoene (veral kinders se vuil tekkies) in ’n groot sokkie voordat jy dit vir vir jou vakansie inpak. Good Housekeeping in die VSA se reinigingskenner, Heloise, sê dit sal keer dat jou skoene beskadig word as goed daarteen stamp of skaaf en dit sal help dat vuil skoensole nie aan jou klere afgee nie.

2. Verwyder reuke uit jou klerekas.

Omskep ’n skoon sokkie in ’n sakkie met droë koffiemoer en hang dit in jou kas (of plaas een in die yskas). Die koffiemoer sal help om enige muwwerige reuke te absorbeer.

3. Was of waks jou motor.

Pleks van ’n spons of lap te gebruik wanneer jy weer jou motor was of waks, beveel Heloise aan dat jy – jy het reg geraai – ’n ou sokkie gebruik.

4. Raak ontslae van spinnerakke.

Trek ’n sokkie oor die punt van ’n besemstok om vinnig spinnerakke te verwyder wat moeilik is om by te kom.

5. Maak ’n oulike koffiekoppiebeskermer.

Pleks van karton, beskerm jou hande teen ’n warm koffiekoppie met ’n sokkie waarvan die punt afgesny is.

6. Beskerm jou hardehoutvloere teen meubelskade.
Jy gaan dit nie permanent daar los nie, maar jy kan sokkies oor ’n stoel se pote glip wanneer jy meubels skuif of as ’n tydelike plaasvervanger vir viltkussinkies totdat jy nuwes gekoop het.

7. Beskerm jou selfoon.

As jy bekommerd is dat jou skerm sal krap terwyl jy in die tuin werk, in die park gaan stap of herstelwerk rondom die huis doen, glip jou foon in ’n sokkie vir ’n ekstra beskermingslagie.

8. Stof huisplante af.

Wanneer jou binnenshuise plante ’n bietjie dof begin lyk, is die veiligste manier om dit op te fris deur dit saggies af te vee met ’n klam sokkie wat jy oor jou hand trek.

9. Beskerm breekbare artikels wanneer jy trek.

Glip jou erfstuk-kandelare of gunstelingvaas in ’n sokkie om te keer dat dit teen iets kap wanneer jy inpak en breekskade te voorkom, sê Heloise.

10. Stof blindings af.

Jou handigste gereedskap om hierdie huishoudelike probleemarea te takel is, wel, jou hand. Trek ’n klam sokkie oor jou hand om stof en vuiligheid af te vee. Heloise beveel ook aan dat jy sokkies aan jou voete trek om vloerplanke skoon te maak.

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

The post 10 slim maniere om alleensokkies te gebruik appeared first on Goeie Huishouding.

Ons 5 gunsteling-oorgooidekens vir minder as R300

$
0
0
geometric throw

 

In die winter is baie van ons geneig om gemak voor styl te stel. Ons dra trui oor trui (jou leerbaadjie lyk pragtig, maar gaan net nie die ding doen nie) om warm te bly.

Maar waar jou kleredrag in die kouer maande dalk minder stylvol kan wees, hoef dit nie dieselfde vir jou huis te beteken nie. Ons het vyf van die mooiste oorgooidekens gekies wat hierdie winter beskikbaar is. Die beste deel is dat hulle almal minder as R300 kos, want snoesigheid hoef nie ’n fortuin te kos nie.

1. Oorgooideken met geometriese patroon van MRP Home

geometric throw

Dié getekstureerde oorgooideken met sy tosselafwerking is die perfekte manier om enige iets van ’n leunstoel tot ’n bed ’n moderne voorkoms te gee.

Prys: R160

2. “Nerts”-oorgooideken met fraiings van @home

mink throw

Hierdie oorgooideken sal jou laat voel asof iemand jou ’n drukkie gee. Dis ongelooflik sag en die fraiings sal pragtig lyk as dit oor die agterkant van ’n bank gedrapeer word.

Prys: R249

3. Jacquard-oorgooideken van katoen met kruismotief van MRP Home

crossroad throw

Dié stadsgeïnspireerde pragstuk is van 100% katoen en sal so reg in die smaak van van aanhangers van monochrome patrone val.

Prys: R260

4. Ombré-oorgooideken van vliesstof van @home

ombre fleece

Berei jouself voor vir lang verduidelikings en regverdigings oor hoekom jy ’n oorgooideken in die openbaar dra. Dié ombré-oorgooideken is net eenvoudig so fantasties en kom in vier verskillende kleure. O, en het ons genoem dat dit die sagste ding is wat jy al ooit om jou gedrapeer het?

Prys: R299

5. Chenille-oorgooideken van MRP Home

chenille throw

Dié fluweelagtige wenner is ’n ongelooflike eenvoudige toevoeging tot ’n vertrek wat ’n bietjie opkikkering nodig het.

Prys: R260

The post Ons 5 gunsteling-oorgooidekens vir minder as R300 appeared first on Goeie Huishouding.

Ons 5 beste strooikussings vir minder as R200

$
0
0
Screen Shot 2016-06-17 at 9.26.43 AM

Niks kan ’n vertrek so maklik en kostedoeltreffend verlewendig as ’n paar strooikussings nie. Dis ’n fantastiese manier om die voorkoms en gevoel van ’n vertrek van seisoen tot seisoen te verander en daar is nooit ’n tekort wanneer dit by die keuse kom nie.

Hierdie pragtige bykomstighede kan egter soms nogal duur wees. Ons het jou lewe ’n bietjie makliker gemaak met ’n paar unieke strooikussings gekry wat jou nie ’n fortuin sal kos nie.

1. Heirloom-kussing van Superbalist

Screen Shot 2016-06-17 at 9.26.43 AM

Dié kleurryke kussing met sy geometriese ontwerp is ’n wonderlike manier om ’n rusbank ’n bietjie ekstra detail te gee.

Prys: R199

2. Fraiingkussing van @home

Screen Shot 2016-06-17 at 9.26.54 AM

Dié subtiele kussing met sy verwikkelde detail is ideaal vir ’n bank of ’n bed.

Prys: R199

3. Crossroads-kussing van MRP Home

Screen Shot 2016-06-17 at 9.27.38 AM

Dié kleurryke, getekstureerde strooikussings kom in ’n verskeidenheid van verruklike kleure.

Prys: R99,99

4. Gestreepte kussing van MRP Home

Screen Shot 2016-06-17 at 9.27.45 AM

Verbeel jou jy is op ’n seiljagvakansie enige tyd van die jaar met hierdie pragtige gestreepte kussings. Dis ideaal vir binnenshuise meubels of buite op ’n patio.

Prys: R129

5. Kroelborduurwerkkussing van MRP Home

Screen Shot 2016-06-17 at 9.27.52 AM

Hierdie treffende strooikussing is so ongelooflik om aan te voel as om na te kyk. Kombineer dit met ’n paar effekleurige kussings sodat dit kan uitstaan.

Prys: R180

The post Ons 5 beste strooikussings vir minder as R200 appeared first on Goeie Huishouding.

6 algemene mites oor die vries van kos

$
0
0
glass bowl full of frozen vegetables

Vries is ’n goeie manier om kos vars te hou. Ons het gesels met Justine, Pattison, huisekonoom en skrywer van Freeze – ’n selferkende vrieskaskoningin – vir haar wenke om die mites oor vrieskaste hok te slaan.

Hier is ses vriesmites wat ons ontbloot het …

1. Mite: Jy moet produkte vries op die dag wat jy dit gekoop het

Waarheid: Jy kan die meeste kos veilig vries tot op die beste-voor- of gebruik-teen-datum. Jy sal dit dalk uit die verpakking moet haal en self toedraai om die lug uit te hou.

2. Mite: Jy kan nie gaar vleis hervries nie

Waarheid: Die Britse agentskap vir kosstandaarde (FSA) beveel aan dat bevrore gaar vleis ontvries en binne 24 uur geëet moet word. Jy kan gaar vleis soos oorskiet-braaihoender of snye ham met veiligheid vries, sê Justine vir ons. Jy kan ook ontvriesde vleis in ’n maaltyd gebruik en dit vries.

Lees ook: 5 fantastiese vrieskasfeite

3. Mite: Jou kos raak sleg in die vrieskas
Waarheid: Om kos te vries is soos om ’n pouseknoppie te druk. “Daar is geen wetenskaplike rede hoekom kos nie so lank sal hou wanneer dit eers gevries is nie,” sê die kosveiligheidskenner John Basset. “Dit sal trouens langer hou, want organismes neem langer om weer te groei.” Maar dis wel waar dat die struktuur van kos afneem hoe langer jy dit in die vrieskas hou.

4. Mite: Jy kan enige iets vries
Waarheid: Sommige kosse is onstabiel as dit eers gevries is. Justine raai mense af om slaaibestanddele soos vars tamaties, blaarslaai en komkommer te vries omdat dit pap sal raak wanneer dit ontvries word. Moet liefs ook nie heel eiers vries nie, omdat die geel onstabiel is – gaar of rou – hoewel rou eierwit gevries kan word.

5. Mite: Vries maak bakterieë dood
Waarheid: Vries is weer eens net soos om ’n pouseknoppie te druk – die bakterieê slaap bloot. Dit maak nie die meeste bakterieë dood nie. Justine beveel aan dat jy net kosse vries wat higiënies berei en goed toegedraai is om kruiskontaminasie in die vrieskas te keer.

6. Mite: Bevrore kos het minder voedingstowwe
Waarheid: Daar is bewys dat bevrore vrugte en groente meer voedingstowwe as varses het omdat dit nie lê en wag om verkoop te word nie. Die voedingstowwe in rou vleis en vis of gaar geregte, soos kerrie of ’n bredie, behoort baie dieselfde as die vars produkte te wees.

Van: Good Housekeeping UK

The post 6 algemene mites oor die vries van kos appeared first on Goeie Huishouding.

8 eenvoudige reëls om te volg wanneer jy jou ruimte wil ontrommel

$
0
0
declutter

Om uiteindelik van die hoop katalogusse weg te gooi wat jou eetkamertafel verswelg, is een ding – om van ou foto’s, geërfde kledingstukke of ander lewensaandenkings ontslae te raak is iets heel anders.

“Alles wat ons besit, is ’n tydmasjien,” sê Christine Kell, ontrommelafrigter by Gaining Space. “Mense hou daarvan om ou herinneringe op te haal, want hulle dink dit was ’n beter tyd, maar as jy fokus op wat agter jou is, is jy nie teenwoordig genoeg om nuwe herinnerige te skep nie, en dit kan jou melankolies laat voel.”

Kyk hier hoe om emosionele ontrommeling ’n bietjie makliker te maak (en uiteindelik ’n bietjie ruimte in jou huis terug te kry).

1. Begin met die badkamer

Die goed wat jou badkamer volmaak (soos ’n versameling min gebruikte, uitgewaste handdoeke) het waarskynlik nie veel emosionele waarde nie – en dis die punt. “Dit maak dit makliker om van die sentimentele goed ontslae te raak,” sê Kell. “My kliënte dink nooit hulle hoef die badkamer te ontrommel nie, maar ek vra hulle om my ’n guns te doen en te kyk hoe dit voel. Dit help jou om te besef hoeveel goed jy eintlik glad nie gebruik nie.”

2. Jy kan die artikel weggooi sonder om die herinnering te verloor

Baie mense hou vas aan goed wat familielede vir hulle gegee het, selfs al het hulle nie plek of wil dit nie hê nie. “Vra jouself: Sal jou familielide wil hê hierdie goed moet swaar op jou weeg?” sê Kell. “As jy dit nie gebruik nie, is dit net rommel. Jy kan vir jou familie lief wees en hulle onthou (en hulle sal steeds lief vir jou wees) sonder om hul goed te hou.” Ons belowe!

4. Alles wat jy besit, behoort jou goed te laat voel

Dit klink vanselfsprekend, maar dinge raak ingewikkeld wanneer dit by sentimentele artikels kom.

“Ek het ’n kliënt gehad wat haar oorlede ma se dagboeke gehou het, en wanneer sy depressief of kwaad geraak het, sou sy datums gaan opsoek om te kyk of sekere dae vir haar ma belangrik was,” sê Kell. “Soms sou sy na die boks toe gaan en snik. Ek het vir haar gesê: ‘Dit is nie hoe jy wil hê dat jou goed en jou huis jou moet laat voel nie!’ Uiteindelik kon sy van die dagboeke ontslae  raak.”

5. Jy kan die beste hou – as jy die res weggooi

Pleks van goed in bokse op te gaar, vertoon ’n paar stukke van ’n te groot versameling om jou sentimentele kant te bevredig. Kell het een kliënt gehad wat kuns uit sy seëlversameling gemaak het en ’n ander wat krale van haar trourok aan ’n ander rok vasgewerk het. “Nou is dit lewende goed en nie net dooie energie nie,” sê sy.

6. Stel vas wat regtig betekenisvol is en wat net goeters is

Jy dink dalk jy wil daardie verjaardagkaartjie van jou ouma bewaar, maar dink weer daaroor. Is dit ’n handgemaakte skepping met ’n hartroerende boodskap? Of is dit ’n generiese winkelkaartjie met haar naam wat onderaan geskribbel is? Indien dit laasgenoemde is, sal die vryheid wat jy daarvan kry as jy dit weggooi veel swaarder weeg as die vreugde (lees: geen) wat jy kry as jy dit hou.

“Dink aan ’n hele rol foto’s,” sê Kell. “Die meeste is nie goed gefokus nie, of jy hou nie van hoe jy daarop lyk nie. Jy hoef dus nie sleg te voel om dit weg te gooi nie. Hou net dié wat tot die herinnering bydra.”

Gebruik dieselfde taktiek vir babaklere of jou kinders se speelgoed. “Ek het ’n kliënt gehad wat haar oudste kind se speelgoed vir haar tweede seun gebêre het, maar hy het glad nie daarin belanggestel nie. Hierdie aanduiding – dat die besittings nie meer ’n doel dien nie – is genoeg rede om oukei te voel om van sekere dinge ontslae te raak.”

7. Om jou herinneringe te digitaliseer kan die skok versag

Dis heeltemal redelik om jou meestersgraad se verhandeling te wil hou (maar raak ontslae van die nuttelose klaskamernotas) of om aan ou briewe te wil vasklou (solank dit nie jou huidige verhouding terughou nie). Maar danksy digitale skandeerders hoef dit nie jou kelderverdieping oor te neem nie. Stoor die goed waarsonder jy voel jy regtig nie kan klaarkom nie op jou hardeskyfaandrywer of ’n lêerdeeldiens soos Dropbox en kry jou ruimte terug.

8. Maak dít jou nuwe mantra

“Ek is dol oor hierdie aanhaling: ‘Die skuur het afgebrand, en nou kan ek die maan sien,’ ” sê Kell. Sê vir jouself dat jy nie herinneringe en erfstukke weggooi nie – jy skep ruimte vir asemhaling in jou huidige lewe, bevry jouself van ekstra gewig en erken dat dit wat die belangrikste is, nóú gebeur – nie in ’n boks in jou solderkamer nie.

Van: www.prima.co.uk

The post 8 eenvoudige reëls om te volg wanneer jy jou ruimte wil ontrommel appeared first on Goeie Huishouding.

Kyk hier: ’n Ongelooflik briljante pakwenk!

$
0
0
packing hacks

Daar is nooit ’n tekort aan ongelooflike klerepakwenke wat aanlyn beskikbaar is nie, maar hierdie een het ons regtig verstom. In dit kon ’n vrou meer as 100 artikels, waaronder klere, hoëhak- en ander skoene, in ’n piepklein drasak pak.

Om te sê ons is beïndruk is ’n groot geringstelling. Dié superpakker sê haar truuk is om rekkies, herseëlbare sakke en verpakkingshouers te gebruik.

Sy het die algemene metode gebruik om haar klere te rol pleks van dit te vou, maar deur die opgerolde artikels netjies in ’n herseëlbare sak te plaas, kan jy die klere verder saampers en meer ruimte in die drasak skep. Iets so eenvoudig soos om opgerolde sokkies in ’n paar hoëhakskoene te plaas spaar nie net plek nie, maar behou ook die vorm van die skoen.

Is jy reg om nooit weer op dieselfde manier te pak nie? Kyk die video hier onder:

The post Kyk hier: ’n Ongelooflik briljante pakwenk! appeared first on Goeie Huishouding.


4 ergonomiese wenke vir ’n slim kombuis

$
0
0
A shot of modern scandinavian-like kitchen. Render image.

 

Kombuiswerk kan ’n beslommernis wees as jy altyd moet buig en strek, draai en buk om die gereedskap en bestanddele by te kom wat jy nodig het om ’n maaltyd te berei. Daar is drie belangrike goed om te oorweeg wanneer jy ’n kombuis ontwerp: werkvloei, ruimte en beweging. Hier is vier maniere waarop ergonomiese keuses jou tyd in die kombuis makliker kan maak, soos voorgestel deur kenners by Eclipse-meubels en -hardewarevoorrade:

  1. Verruil deure vir laaie. Ergonomiese toetse het getoon dis moeilik om benodighede in grondvlakkaste met deure te vind en uit te haal. Dit vereis dikwels ongemaklike bukposisies en strekking en kan tyd mors as jy in die dieptes van laevlak-kaste moet loer en strek om te kry wat jy nodig het. Daarteenoor werk kaste onder die kombuistoonbank wat met laaie toegerus is wat maklik uittrek veel beter om die inhoud makliker raak te vat. Om goed in laaie te sit en dit uit te haal is ’n makliker en vinniger beweging. Grondvlak-laaie is ideaal om borde, kookgerei, kombuisgerei en klein toestelle in te bêre.
  1. Gebruik ’n hysmeganisme in hoë kaste. Om hysmeganismes in jou hoë muurkaste met vertikale deure te installeer beteken jy kan artikels binne-in makliker vind en raakvat. Die gebruik van ’n hysmeganisme beteken jy kan ’n kas met ’n ligte aanraking oopmaak en die oop deur met ’n vingerpunt in enige posisie stel sodat jy artikels maklik kan insit of uithaal.
  1. Pas die hoogte van toonbanke volgens jou lengte aan. Tensy die standaardhoogte van kombuistoonbanke toevallig gerieflik vir jou lengte is, sal jy kombuiswerk veel meer geniet as jy toonbanke installeer wat gerieflik vir jou lengte is. Om gebukkend te staan as jy lank is of te strek wanneer jy kort is, beïnvloed jou postuur en is nie net fisiek ongerieflik nie, maar minder doeltreffend.
  1. Maak die hoekbêreplek heeltemal ergonomies. Hoekkaste in die kombuis kan jou letterlik op jou knieë dwing wanneer jy moet krap vir wat jy in hierdie ongemaklike ruimte nodig het. Om in donker hoekies in te duik ontwrig jou werkvloei, kos jou tyd en energie en is ongemaklik. Laaie wat heeltemal uittrek sodat jy die inhoud maklik kan uithaal, is ’n ergonomiese oplossing om te oorweeg.

The post 4 ergonomiese wenke vir ’n slim kombuis appeared first on Goeie Huishouding.

Hier is 10 kosse wat jy waarskynlik nie geweet het jy kan vries nie

$
0
0
foods freeze

 

Met volop vars produkte wat geredelik beskikbaar is, is ons almal daaraan skuldig dat ons kos se vervaldatum laat verbygaan. Maar daar is ’n geheim om nooit weer hierdie 10 kosse weg te gooi nie – benut jou vrieskasspasie ten beste en omskep dit in ’n verlenging van jou kombuiskaste.

 Steenvrugte
Daar is niks verfrissender as ’n sappige perske op ’n somersdag nie, maar soos die kouer maande nader kom, kan dit ook ’n kuur vir wintermistroostigheid wees. As jy somer- en steenvrugte  skil, opsny en vries, is dit ’n wonderlike toevoeging tot ’n frummelpoeding of soet smoothie wanneer jy die sonskyn begin mis.

Eiers

Laat vaar jou vooropgestelde idees oor eiers. Dit blyk dat jy dit kán vries. Maar om te keer dat die doppe oor jou suigysies ontplof, is dit belangrik dat jy dit eers kraak en klits. Jy kan bevrore eiers in ’n omelet gebruik vir ’n lekker vinnige ontbyt.

Meel

Dis daardie tyd van die jaar wanneer mense mededingend oor bak begin raak. Om jou koringmeel in die vrieskas te bêre beteken jy het altyd ’n pak te spaar. Bevrore meel kan tot ’n jaar hou, maar as jy nie wil hê jou brood moet platval nie, moet jy dit vooraf uithaal om kamertemperatuur te bereik voordat jy daarmee bak.

Neute

Neute is ’n kos wat ons graag in grootmaat koop, maar die natuurlike olies daarin maak dat dit gou galsterig kan raak. Om neute rou te vries beteken dit kan tot ses maande hou en dit kan maklik tot kamertemperatuur ontvries word of liggies in ’n pan gerooster word wanneer dit gevries is.

Avokado’s

Suid-Afrikaners is dol oor avokado’s, maar dis genoeg om enige iemand af te sit wanneer jy dit skil verwyder en die vrug is ’n onaptytlike bruin. Moenie bekommerd wees nie! Keer dat jy dit moet weggooi deur avokado’s te was en halveer voordat jy die skil verwyder. Hoewel die sagter tekstuur nie ideaal is om in skyfies te sny en dit in ’n slaai te gebruik nie, is ontdooide avokado’s wonderlik vir guacamole of in ’n slaaisous.

Vars gemmer

As jy jou kos ’n bietjie woema wil gee, is bevrore gemmer ideaal. Dit keer nie net dat die spesery bruin raak waar dit onderin die yskas lê nie, maar jy kan dit in happiegrootte stukkies vries nadat jy dit geskil en gerasper het. Wanneer jy dan ’n pikante roerbraai maak of jou oggendsap ’n bietjie skop wil gee, kan jy net ’n bevrore stukkie gemmer daarby voeg.

Botter/margarien

Nog ’n stapelbestanddeel vir koekbak. Baie mense weet nie botter en margarien kan gevries word nie. Hoewel dit nie maklik sal wees om dit op jou brood te smeer nie, is dit goed om te weet jy het dit gereed as jy skielik lus voel om ’n sponskoek te bak.

Mielies aan die stronk

Vars mielies is ’n braaigunsteling, en dit hoef nie net op sonnige dae geniet te word nie. As jy dit eers blansjeer, sal dit nie die geur of bros tekstuur verloor nie en kan dit net so bevrore gaargemaak word, of jy kan dit eers tot kamertemperatuur laat ontdooi.

Granaatpitte

Dié krakerige juweeltjies word gewoonlik oor ’n somerslaai gesprinkel, maar het jy geweet jy kan dit ook vries? As jy dit in ’n enkellaag versprei en vir ’n paar uur vries voordat jy dit in ’n vriessakkie gooi, sal dit nie aan mekaar vaskleef wanneer jy dit wil gebruik nie.

Piesangs

As jy nie die gedagte aan pap piesangs kan verduur nie, is bevriesing ’n goeie manier om die oorryp vrugte op te gebruik. Skil dit net, sny in skyfies en gooi dit in die vrieskas. Bevrore piesangs is ideaal om jou smoothies ’n romerige tekstuur te gee, of jy kan dit ontvries en vir ’n heerlike piesangbrood gebruik.

The post Hier is 10 kosse wat jy waarskynlik nie geweet het jy kan vries nie appeared first on Goeie Huishouding.

Viewing all 30 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>